Welkom by GiG Girls Connect

Nie jou gewone besigheids-netwerk-girls-night-out funksie nie!

Volgende Kuier

Gig Girls Connect – 26 September 2019

Kom geniet ‘n glasie wyn en ‘n wonderlike aandjie uit saam met ander besigheidsvroue

Lees meer…

Bly in kontak met ons gebeure!

Hou my op hoogte...

Word deel van GiG Girls Connect

Ons Storie

Om ‘n vrou te wees in die besige wêreld kan soms rof wees…
Om ‘n vrou te wees in die besigheids-wêreld is nog meer uitdagend!

GiG Girls Connect bring plaaslike besigheids-vroue, entrepreneur-dames en enige vrou wat wil groei in haarself en haar organisasie bymekaar. Saam gaan ons suksesvol wees in ons besighede en ons lewens en ons gaan FLOREER!

Kom vergroot jou netwerk en bou jou databasis. ‘Word of mouth’ is die beste bemarking! Maak nuwe vriendinne, maar verkry ook ‘n wonderlike ondersteunings-netwerk. Adverteer jou besigheid en kom deel jou passie!

Elke funksie sal die waarde van ‘n Business Coach sessie insluit, waar ons van ‘Start-Ups’ tot groei in suksesvolle organisasies gaan dek. Of jy ‘n klein besigheid het of ‘n vrou is wat die korporatiewe leer klim, jy sal baat vind by GiG Girls Connect.

Ons Health Coach gaan jou idees en raad gee oor hoe om ‘n gebalanseerde lewe te lei, want jou werk trek deur tot by jou huis en affekteer jou gesinslewe.

By elke kuier kry iemand anders ‘n geleentheid om ‘n 15 min indiepte spreek beurt te hê om haar besigheid met die res te deel. Maar, elke persoon kry ook kans om hulself en hul besigheid kortliks voor te stel en dan saam te kuier en te netwerk.

Om van die huis af te werk en jou eenmansaak te dryf, kan soms eensaam word en ons almal het met tye ‘n klankbord nodig, maar hoe gemaak as jy jou enigste werknemer is? ‘n Ondersteunings-netwerk word ontwikkel, waar dames die vrymoedigheid het om enige tyd deur die dag vrae te vra, advies te kry, idees te ‘brainstorm’ en ook self te reël vir ‘n lekker saam kuier, noem dit sommer dan ‘n besigheids ete 🙂

Ons sien uit om saam met jou die pad te stap en te sien hoe jou besigheid groei en hoogtes bereik. Mag jou passie uit sy nate bars! Dat jy gaan so gaan floreer dat niemand jou sal kan mis nie! En niemand sal jou passie kan stop as jy eers begin hardloop het nie! ♥

Elke funksie sluit in:
*Professionele Business Coach Sessie
*Professionele Health Coach Sessie
*Een besigheid se volle oorsig, advertensie en raad (15 mins – asb boek)
*Kortlikse bekendstelling van alle besighede betrokke
*Databasis van gastelys/besighede
*Uitdeel van flyers en besigheidskaartjies
*Uitstalling van produkte/dienste
*Borge wat belangstel kan bemarkings-materiaal opsit (ekstra kostes)
*’n Smul lekker aandete
*Jou keuse van ‘n glasie wyn / koeldrank
EN * Na-funksie se ondersteunings platform
Kom kuier saam en word deel van GiG Girls Connect!

Jy as besigheidsvrou kan nie bekostig om dit te mis nie 😉

Glo in jouself! As blomkool in pizza kan verander, kan JY enige iets bereik…

Kry ’n ‘Biz-Bestie’ by GGC…

Kontak Ons

Kontak Isabel Botha:  082 887 3563
Email: info@giggirls.co.za

2 + 1 = ?

© Copyright Giggirls.co.za 2019 • Website done by Amberjade